Van die 54 titelaktes waarvan 27 deur Kobus Dannhauser geborg is , is vanoggend aan inwoners van Tumahole by die Forum-gebou oorhandig as deel van die Free Market Foundation se Khaya Lam inisiatief.
Links is Ngwathe burgemeester, Joey Mochela, saam met Devina Dannhauser wat die titelaktes names die Dannhauser familie oorhandig het.
Van die 54 titelaktes waarvan 27 deur Kobus Dannhauser geborg is , is vanoggend aan inwoners van Tumahole by die Forum-gebou oorhandig as deel van die Free Market Foundation se Khaya Lam inisiatief.
Met die inisiatief word mense wie kwalifiseer die geleentheid gegee om eiendom te besit wat voorheen nie die voorreg gehad het nie. Ngwathe burgemeester, Joey Mochela, het in haar boodskap tydens die oorhandigingsgeleentheid aan Devina Dannhauser, wat die Dannhauser familie verteenwoordig het, gesê dat dit geweldig baie vir mense beteken om iets hul eie te mag noem. Sy het haar dank vir die skenking aan die familie betuig.
Die oorblywende titelaktes wat nie vandag oorhandig is nie, sal Maandagoggend in die Mosepidi-saal in Tumahole oorhandig word.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!
Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.