Dis skokkend: Nog 1 623 ton se waterslaai uit Vaal gehaal
Gemeenskap help om ramp in Vaal te keer
AfriForum het Saterdag 3 Februarie saam met verskeie ander organisasies, ondernemings en gemeenskapslede by Vanderbijlpark en Sasolburg meer as 1 623 ton waterslaai uit die Vaalrivier verwyder met ‘n tweede skoonmaakaksie van die indringerplant wat ‘n groot bedreiging inhou vir die river se akwatiese stelsel.
Die verbysterende toename van waterslaai in die Vaalrivier wek al ān geruime tyd ernstige kommer. By plekke is dit so erg dat bote nie meer kan deurgaan nie. DĆt terwyl die Departement van Water en Sanitasie (DWS) en die Departement van Bosbou, Visserye en Omgewing steeds nĆ” byna ān maand voete sleep om die probleem onmiddellik aan te spreek.

Met Saterdag se aksie het ongeveer 50 vrywilligers met hul hande die plante uit die water geskep, en meer as 15 bote en jetskiās het die waterslaai na vier verskillende uithaalpunte gestoot. Sewe vragmotors het reggestaan om die waterslaai weg te ry en daar is elke uur vier vragte vol verwyder.




Die eerste skoonmaakaksie wat op 28 Januarie toe ondernemings en gemeenskapslede begin het om die waterslaai uit te haal. Sewentig ton waterslaai is tóé verwyder. āOns sal aanhou met diĆ© projek totdat ons rivier skoon is,ā sĆŖ Jaco Grobbelaar, AfriForum se streekshoof vir die sentraalstreek.


Volgens Lambert de Klerk, AfriForum se bestuurder vir Omgewingsake, was diĆ© aksie ān uitstekende voorbeeld van die sukses wat behaal kan word, en die verskil wat mense kan maak as hulle saam werk. āAs dit nie vir die vinnige optrede en bereidwilligheid van die gemeenskap was nie, sou die rivier al baie erger gelyk het en kan dit maklik ontaardĀ in iets soortgelyk aan die hiasinte-krisis in die Hartbeespoortdam,” sĆŖ De Klerk.
Lede van die publiek, ondernemings en organisasies wat wil betrokke raak by diĆ© projek kan ān donasie maak wat sal help om hierdie projek te befonds.
Die besonderhede is as volg:
Rekeningnaam: AfriForum NPC
Rekeningnommer: 623 4989 8398
Taknaam: FNB Centurion
Takkode: 261-550
Verwysing: Vaalrivier
Naas die bedreiging wat die indringerplant vir die Vaal se vislewe inhou, kan dit ān enorme uitwerking op toerisme aktiwiteite op die Vaalrivier hĆŖ. Op die langeduur sal dit pompe verstop, en skade aan toerusting vir boere veroorsaak wat water uit die rivier pomp. Dit kan ook uitdagings bring vir munisipale watersuiweringsaanlegte soos by Parys en Vredefort waar water direk uit die rivier onttrek word.
Een van die plante kan tot vyf lote uitstoot wat beteken dat die plante elke drie weke kan vervyfdubbel.


Mense wat betrokke wil raak by die aksie kan Jaco Grobbelaar by 066 565 8108, of Laurel Young by 082 883 705 skakel.



