
‘n Maand en ‘n half na die wurgdood van Michelle Koekemoer (9) op 9 Junie in haar slaapkamer by die Periston House-woonstelle in Helena Lochnerstraat in SW1 Vanderbijlpark, het haar ma Soniya Vrydag 22 Julie ‘n bekentenis afgelê.
Sonja Koekemoer (34) het Maandag 25 Julie in die Streekhof op Vanderbijlpark verskyn i.v.m. die dood van haar dogtertjie. Soniya het verlede maand in ‘n verklaring gesê dat sy die oggend wakker geword met ‘n tou om haar eie nek. Sy het na Michelle se kamer gegaan en Michelle se lewelose liggaam gevind. Soniya is daarna na die buurman, Sebastiaan Slabbert, vir hulp.
Die saak is uitgestel na Donderdag 28 Julie wanneer Soniya amptelik gaan pleit. Soniya bly in aanhouding.



