Parys Primêre skool se atlete wat nou hul staal by die SA kampioenskappe sal wys. Hulle is PC Steyn, Jandré v.d. Berg Jaco van Wyk en Inke Nortman, saam met die onderwysers van die skool wat hul afrig. Die onderwysers is agter van links juffrou Lindy Cronje, mnr. Stefan Terblanche, juffrou Sonet Schlebusch, juffrou Estelle Visser en juffrou Christené Ribberink. Juffrou Lucy Viljoen was afwesig met die neem van die foto.
Vier van Parys Primêre skool se atlete sal van 24 tot 26 Maart aan die SA Skole atletiekkampioenskape in Pietersburg deelneem. Die atlete is Jandré v.d Berg (hoogspring), Jaco van Wyk (hoogspring en verspring), PC Steyn (diskusgooi) en Inke Nortman (spiesgooi).
Hulle word afgerig deur juffrou Sonet Schlebusch en juffrou Estelle Visser (hoogspring), juffrou Lindy Cronje (diskusgooi), juffrou Christené Ribberink (spiesgooi) en mnr. Stefan Terblanche en juffrou Lucy Viljoen (verspring).
Die skool het vanjaar veertien atlete by die Vrystaat skole-atletiekkampioenskappe in Sasolburg gehad. Die atlete was Inke Nortman, Victor van der Schyff, Olivia McIntyre, Wian Pretorius, PC Steyn, Jaco van Wyk, Zuan van Riet, Chane Dannhauser, Leandri Connoway, Nuri Rourke, Jandre v.d Berg, Lucien van Zyl, Karliese Scheepers en Janco Ferreira.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.