Local newsNews

Vyf minute meer vir Comrades langasems

Voorsiening gemaak weens padwerke

Comrades-atlete sal vanjaar 5 minute meer kry om tot by Pinetown te kom weens padwerke by Sherwood. Die toegewing is omdat ‘n opeenhoping van atlete juis weens die padwerke verwag word. Daar word verwag dat die padwerke vir nog ‘n jaar of langer kan duur.

Die Comrades word vanjaar vir die 97ste keer aangebied en sal plaasvind op 9 Junie aangebied. Vir die eerste keer in vyf jaar is dit  ‘n op-wedloop na Pietermaritzburg.

Vir vanjaar se wedloop word die afsnytyd by Umlaas Road ook verander weens padwerke en die roete wat aangepas word.

Atlete het 12 uur om vanjaar 85,91km te voltooi. Dit is die kortste afstand sedert die Comrades in 1921 die eerste keer van Pietermaritzburg na Durban aangebied is.

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button