Local newsNews

Verdagte vas na aanval op 91-jarige vrou

’n Misdadiger wat ’n 91-jarige vrou verlede Donderdag (25 April) in haar huis op Bothaville oorval het, het sy rieme styf geloop nadat AfriForum se plaaslike buurtwag, die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) en CSS Security saamgewerk het om dié verdagte blitsig aan te keer. Die slagoffer wat in Theronstraat woon, is Donderdag teen omstreeks 14:00 oorval …

’n Misdadiger wat ’n 91-jarige vrou verlede Donderdag (25 April) in haar huis op Bothaville oorval het, het sy rieme styf geloop nadat AfriForum se plaaslike buurtwag, die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) en CSS Security saamgewerk het om dié verdagte blitsig aan te keer.

Die slagoffer wat in Theronstraat woon, is Donderdag teen omstreeks 14:00 oorval toe die verdagte haar voordeurklokkie gelui het en vir ’n tuinslang en water gevra het.

Die man het egter die deur oopforseer, die inwoner met ’n skroewedraaier gedreig. Haar hande is toe agter haar rug met ’n selfoonlaaierkabel vasgemaak. Haar selfoon, kruideniersware en drank is uit die huis geneem. Hy het die toneel verlaat sonder om die vrou verder te beseer.

Die insident is aan die SAPD, AfriForum-buurtwag en CSS gerapporteer. Die 33-jarige verdagte is kort daarna aangekeer. Die kruideniersware en drank was nog in sy besit, maar die selfoon kon nie opgespoor word nie.

Die verdagte het Vrydag (26 April) op aanklag van huisbraak in die hof op Bothaville verskyn.

“Hierdie blitsige arrestasie is weereens ’n bewys van die sukses wat deur samewerking tussen die gemeenskap, owerhede en ondernemings bewerkstellig kan word,” verduidelik Alta Pretorius, AfriForum se streekskoördineerder in die Mooirivier-streek.

Sy waarsku inwoners om paraat te wees en nie aan vreemdelinge toegang tot eiendom te gee nie. Kwesbare lede van die gemeenskap word dikwels geteiken met versoeke om hulp, maar dit word telkens met voorbedagte rade gedoen. As ons op en wakker is, sal ons in baie gevalle daarin slaag om misdadigers se slinkse planne te fnuik,” verduidelik Pretorius.

“Kontak eerder jou plaaslike buurtwag of die SAPD indien jy onraad vermoed.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button