Local newsNews
Transformator vind sy weg op ‘n slakkepas na substasie
Abnormale vragte wat deur Parys beweeg, is geen ongewone gesig vir inwoners nie.
Die abnormale vrag wat vanoggend op ‘n slakkepas deur Parys se hoofstraat beweeg het, was ‘n 210 ton Eskom-transformator wat na die Mercury-substasie naby Viljoenskroon vervoer is. Die trransformator kom van Richardsbaai.



Verkeersbeamptes en die Ngwathe Munisipaliteit se elektriese afdeling het hulle uitstekend van hul taak gekwyt om seker te maak dat die vrag veilig deur die dorp begelei kon word.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!



