Einde van die groen-boekies kom vinnig nader
Maak seker dat jy betyds aansoek doen vir die jou identiteits slimkaart.
Die groen ID-boekie soos Suid-Afrikaners dit vir baie jare geken het, word nou amptelik uitgefaseer met die laaste van die groen ID’s wat op 31 Maart 2027 gedruk sal word.
Na 31 Maart 2027 het Suid-Afrikaners net 12 maande grasie om oor te skakel na die ID slim-kaart.
Onthou dat die groen ID-boek, slim ID-kaart of geldige tydelike Identifikasie Sertifikaat aanvaar sal word by stemlokale vir die komende munisipale verkiesing op 4 November.
Waar doen jy aansoek vir ‘n ID-kaart?
Jy kan aansoek doen by Departement Binnelandse Sake, deur die aanlyn eHome Affairs portaal, of by sekere banke.

Wat jy nodig het om aansoek te doen?
- Eerste aansoek (16 jaar en ouer): Jou geboortesertifikaat en ‘n ouer of voog se ID-dokument. Dit is gratis.
- Pensioenarisse (60 jaar en ouer): Jou ou groen ID-boekie of ‘n beĆ«digde verklaring. Dit is ook gratis.
- Vervangings of heruitreiking): Jou ou ID-boekie, bewys van woonadres, en ‘n fooi van R140.
- As jou ID verlore geraak het of gesteel is, is dit raadsaam om ‘n polisieverklaring en jou saaknommer saam te neem.
Hoe die proses werk
- Aansoek: Vul jou vorm aanlyn in via eHomeAffairs of gebruik selfdiens-terminale by ondersteunende banke
- Biometrie: Besoek ‘n Binnelandse Sake-kantoor of vennoot-tak vir jou vingerafdrukke, foto en handtekening.
- Afhaal: Jy ontvang ‘n SMS wanneer jou slim-ID gereed is om afgehaal te word by dieselfde tak waar jy aansoek gedoen het
Die Binnelandse Sake kantoor in Parys is in Tumahole geleƫ. Alternatiewelik is die naaste Binnelandse Sake kantoor in Sasolburg.



