So werk dit met stembriewe
Dit is belangrik dat geregistreerde kiesers hul kruisies op stemdag 29 Maart moet trek, om hul stem te laat hoor, omdat die party met die meerderheid stemme na afloop van die nasionale en provinsiale verkiesing die land se regerende party sal wees.

Suid-Afrikaners wat vir die komende nasionale en provinsiale verkiesing op 29 Mei geregistreer is, sal wanneer hulle na die stembus gaan, drie stembriewe ontvang. Twee van hierdie stembriewe is vir die Nasionale Vergadering (NV) en die derde stembrief vir provinsiale wetgewers.
Een van die twee nasionale stembriewe is ‘n landwye stembrief wat regoor die land dieselfde sal wees en die name van die partye wat deelneem aan vanjaar se verkiesing sal aandui, terwyl die ander ‘n streekspesifieke stembrief is wat ook die name van onafhanklike kandidate, sal bevat as daar sulke kandidate sou wees.
Die kieswet is gewysig om vir vanjaar se verkiesing vir die eerste keer ook voorsiening te maak vir onafhanklike kandidate wat nie vir ‘n politieke party staan nie, en vir individuele setels in die NV meeding.
Vanjaar se verkiesing val saam met die dertig jaar viering van die land se demokrasie.
In Suid-Afrika word ‘n nasionale verkiesing elke vyf jaar gehou, en sal die party wat die meerderheid stemme kry die regerende party van die land wees. Juis daarom is dit belangrik dat geregistreerde kiesers hul kruisies trek op stemdag 29 Mei om hul stem te laat hoor. Stemdag is ook ‘n nasionale vakansiedag juis om mense geleentheid te gee om by stemlokale te kan uitkom.
Stemgeregtigde kiesers stem by die lokaal waar hul geregistreer is vir die verkiesing en moet jy jou identiteitsdokument saamneem wanneer jy na die stemlokaal gaan.
Belangrik om daarop te let dat die proses verander het sedert die vorige nasionale verkiesing en dat kiesers in die komende verkiesing slegs sal kan stem by die stempunt waar hulle geregistreer is, en nie soos voorheen by enige stempunt in die land vir lede van die Nasionale Vergadering, en by enige stempunt in die provinsie waarin hulle geregistreer is vir lede van die provinsiale wetgewers nie. Die enigste uitsondering is as jy voor 3 Mei by de OVK aansoek gedoen het vir ‘n spesiale stem omdat jy nie by jou geregistreerde stemloklaal op 29 Mei sal wees nie.
In die 1994-verkiesing was daar ‘n 86,87% stempersentasie. In 2019 het het die stempersentasie gedaal na 66,05%



