Local newsNews

Straatmyl sorg vir erkenning vir Rotary-klub

Die straatmyl word vanjaar vir die eerste keer op 'n Saterdag aangebied en sal plaasvind op 12 Oktober.

Die sukses van die Parys Crater Street Mile wat vanjaar vir die derde jaar agtereenvolgens in die dorp aangebied word, het gesorg vir erkenning vir die plaaslike Rotaryklub by Rotary Distrik 9370 se konferensie wat by die Thaba Bosiu Cultural Village in Lesotho gehou is.

Distrikgoewerneur Jacques Venter het met die oorhandiging van die toekenning aan Parys Rotary-klubpresident, Sandra Uys, gesê dat die straatmyl uittaan as een van die beste drie Rotary-projekte in die distrik wat wys hoe suksesvol Rotary in ‘n gemeenskap kan werk. Erkenning is ook aan die klub gegee vir uitstaande diens om ‘n verskil te maak, en bevordering van deelname en betrokkenheid. Venter het gesê dit sluit aan by Rotary se slagspreuk vir 2023/24 om hoop in die wêreld te bring.

Die straatmyl word vanjaar vir die eerste keer op ‘n Saterdag aangebied en sal plaasvind op 12 Oktober. Dit word deur Parys Rotaryklub in samewerking met Parys Info & Tourism aangebied, en is ASA (Atletiek Suid-Afrika) geakkrediteer, aangebied onder die vaandel van Parys Multisport en volgens die reëls en regulasies van Wêreld Atletik, Atletiek Suid-Arika en Atletiek Vrystaat.

Die Parys Crater Street Mile was in 2023 die eerste geleentheid van sy soort in die Vrystaat om as straatmyl gesertifiseer te word (1 609m). Die roete vir vanjaar se straatmyl is verander maar voldoen steeds aan internasionale standaarde, reëls en regulasies wat dit moontlik maak vir atlete om provinsiale, nasionale en selfs wêreldrekords by die straatmyl te kan opstel.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button