Local newsNews

Baie sal Potch se Bourbons met nostalgie onthou

Hierdie is die einde van 'n era vir baie wat dié gewilde kuierplek ken en sal onthou

Dit is die einde van ‘n era vir Potch se gewilde Bourbons kuierplek wat ook goed bekend is by Parysenaars.

“Bourbons het 2 Augustus 1989 oopgemaak,” vertel Albert Bothma, die eienaar van onder meer Bourbons en  Snowflake in Potchefstroom. “My idee met Bourbons was ‘n boy-meets-girl gevoel, wat vroeër jare wel die geval was. Baie mense wat in Bourbons ontmoet het, se kinders het ook in Bourbons gekuier.”

Net na die Covid-19 pandemie sy kloue begin terugtrek het, het Albert die hele gebou by ABSA gekoop, en onmiddelik die boonste vloer aan Unite180 verkoop. “Daar is ‘n groot behoefte aan ‘n geestelike sektor op die Bult,” sê Albert met erns. Die grondvloer van die ou ABSA-gebou, buiten Bourbons, het natuurlik steeds leeg gestaan. “Fire and Fragrance het my genader en gevra of hulle die gebou by my kan huur, maar ek het aan hulle genoem dat daar reeds ander belangstellendes is. Hulle het na my toe teruggekom en gevra of hulle die deel kan koop, en ek het die aanbieding aanvaar. Die gedeelte waar ABSA was asook Bourbons is verkoop.”

Lees die Potchefstroom Herald se volledige berig waarin Albert sy besluit om Bourbons te verkoop deel by https://www.citizen.co.za/potchefstroom-herald/local-news/2024/05/09/einde-van-n-era-bourbons-word-sendingskool/

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button