
Die vuil museumterrein wat vir lank ‘n seer oog in die middedorp was, is Vrydag deur die Ngwathe Plaaslike Munsipaliteit onder leiding van mnr. Japie Mateis (streekbestuurder vir Ngwathe) en sy span, skoongemaak.

Harde werk is hier ingesit om skoon te maak.

Die vuil museumterrein was vir lank ‘n seer oog in die middedorp van Parys. Foto: Annemarie Ferreira.
Rdl. Saal de Jager het gereël dat die span toegang tot die terrein kon kry, en het die Federasie van Afrikaanse Kultuurnetwerke (FAK) na die skoonmaakaksie sy dank teenoor die munisipaliteit uitgespreek vir die gebaar.
Die museum is tans oop op afspraak en kan besoekers en inwoners met Horst Müller (Parys Museumkomitee sekretaris) by 083 348 7820, of Jan-Danie Malan (Parys Museumkomitee voorsitter) by 082 965 7002 skakel om ‘n besoek te reël.



