Local newsNews

George-bouramp: ‘Moenie spekuleer’

Dodetal staan steeds op 33.

Die George munisipaliteit het ‘n ernstige beroep op die publiek gedoen om hulle daarvan te weerhou om allerlei gerugte en vals inligting te versprei oor die bouramp waarin 33 sterftes tot dusver reeds aangemeld is. Daar word nog gesoek na 19 mense.

Die munisipaliteit sê dat amptelike ondersoeke deur die SAPD, Departement van Arbeid, Departement van Infrastruktuur, en ‘n onafhanklike struktuur ingenieursfirma wat deur die Wes-Kaapse prvinsiale regering aangestel is, gedoen word. “Spekulasie oor moontlike oorsake van die ramp deur nie-amptelike ‘kundiges’ kan ‘n negatiewe impak hê op die amptelike ondersoek”, het die munisipaliteit gewaarsku

Vandag was reeds die tiende dag en ‘n totaal van 244 ure wat nooddienswerkers en ander rolspelers op die bouperseel in Victoriastraat was. Die hoogste nooddiens personeel en ander rolspelers wat op een dag op die perseel was, was 682. Tans is daar bykans 150 nooddienswerkers en ondersteunende personeel steeds op die perseel.

Tot dusver kon daarin geslaag word om met 47 van die slagoffers se familie in aanraking te kom, het die munisipaliteit bevestig.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button