Proe met baie skop by Mampoer kultuurfees
Die fees was voorheen by die Willem Prinsloo Landboumuseum gehou

Die immergewilde mampoerfees wat vir jare mense van regoor die land na die Willem Prinsloo Museum in Pretoria getrek het, is vanjaar vir die eerste keer vandag, Saterdag 6 Julie, by die Voortrekkermonument gehou met seremoniemeester, Pieter Koen.
Die publiek kon uitsien na 40 aktiwiteite by die fees met Boeresport, Volkspele, Boer-dra-’n-vrou en mampoer-proe waar vanjaar se kampioenskapwenners vir die beste mampoer en likeur se produkte, saam met 400 van die land se bestes, geproe kon word.
Die Tradisionele Boeremusiekklub van Suid-Afrika het ook gesorg vir groot vermaak saam met die Jakaranda Boereorkes, Voorloper Boererorkes, Kyle Bahr en orkes, en Stephaan van Zyl en Vriende.
Hierbenewens het die Suid-Afrikaanse Dierekankervereniging vanjaar ’n tema-uitstalling gebied, en is feesgangers getrateer met ‘n skou van Bostu Boerboele, wat deel is van die Suid-Afrikaanse Boerboeltelersorganisasie (SABBS)
Die Pretoria Ou Motorklub en Hoëveld Veteraan Trekker- en Enjinklub was ook daar met hul uitstallings.



