Local newsNews

Dié paartjie is ouer, maar hul liefde beslis nie kouer nie!

AMOT-paartjie haak die knoop deur

 

Wat as ‘n vriendskap begin het, het gou in liefde verander, vir twee inwoners van die Ons Tuis Andries Marie Oosthuizen Tehuis (AMOT) In Parys.  Hennie Maree (79) en  sy bruid, Anna-Marie  (74) het na vyf maande van saamwees die knoop deurgehaak nadat Hennie die groot vraag gevra het.

Hul familie en vriende was in hulle skik oor die blye nuus toe Anna-Marie die ja-woord gee, en is die troue met die hulp van die dominee, inwoners en AMOT-personeel beplan.

Die troudag was eenvoudig, maar baie spesiaal.  “Die beste oomblik wat toe die seën na die huwelikbevestiging oor ons uitgespreek is,” vertel Anna-Marie.

Anne-Marie en Hennie Maree.


Die paartjie sê dat geduld, aanvaarding en liefde die belangrikste vir ‘n gelukkige huwelik is, veral op hul ouderdom. “Ons het ons toekoms saam in vrede en harmonie by AMOT beplan,” voeg Hennie by.


Die paartjie kry elke dag mekaar se ondersteuning en sorg goed vir mekaar.  Met die hulp en liefde van die AMOT-gemeenskap sien hulle uit na nog baie vreugdevolle dae saam.

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button