Local newsNews

Brand by seunskoshuis: Daar is nog nood

Mense wat nog kan help met die skenkings wat benodig word, kan dit by die skoolkantoor afgee, of die koshuismatrone, skakel by 083 403 8232.

Daar is steeds nood vir klere vir twee personeellede van die Gekombineerde Skool Sarel Cilliers in Koppies. Dit nadat dié personeellede al hul besittings verloor het in ‘n brand by die seunskoshuis.

Die seunskoshuis van die Sarel Cilliers Gekombineerde Skool in Koppies.
Foto’s: Natasha Smalberger

Die klere wat benodig word is vir ‘n mansgrootte 28/30 sowel as mansgrootte 34, en skoene in ‘n nommer 7. Daar is ook nog tandeborsels en Vaseline vir die seuns nodig. Die skool het intussen genoeg klere en handdoeke vir die seuns gekry danksy Samaritane wat hul harte vir die 30 laerskoolseuns oopgemaak het wat ook al hul besittings in die brand verloor het.

Komberse en kussings is van die Departement van Onderwys gekry, maar geen beddens of matrasse is ontvang nie. Die seuns word nou tydelik in die onderste verdieping van die dogterskoshuis gehuisves. Die vleuel waar die laerskoolseuns in die seunskoshuis gehuisves was, is heeltemal in die brand vernietig.

Skoollessenaars tussen die puin van die brand. Foto: Natasha Smallberger

Die brand het uitgebreek kort nadat die skooldag op 7 Oktober begin het, en was daar geen kinders op die koshuisperseel ten tyde van die brand nie. Boere en buurskole is na die brand geloof vir die hulp wat verleen is om die brand onder beheer te kry.
Mense wat nog kan help met die skenkings wat benodig word, kan dit by die skoolkantoor afgee, of die koshuismatrone, skakel by 083 403 8232.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button