Entertainment

Fliek Vlooi: Miss Peregrine’s Home for Peculiar Children

Ek gee Miss Peregrine’s Home for Peculiar Children 8/10. Dit was beslis ’n opwindende en naelbytende fliek om te kyk. Dit is donker en fantasties en weerspieël weer eens Tim Burton se uitnemende vermoë om ’n kyker vasgenael voor die skerm te hou. Miss Peregrine’s Home for Peculiar Children is ’n klassieke Tim Burton film …

Miss Peregrine’s Home for Peculiar Children is ’n klassieke Tim Burton film met al die donker en wonderlike fantasie wat van ’n Tim Burton fliek verwag kan word.
Dit is gebaseer op die 2011 boek met dieselfde naam wat geskryf is deur Ransom Riggs. Met Eva Green en Samuel L. Jackson, het ek lank uitgesien om hierdie fliek te kyk – en ek was nie spyt nie.
Die fliek gaan oor Jake (Asa Butterfield), ’n jong seun wat vir jare na sy oupa, Abe Portman (Terence Stamp) se wonderlike stories geluister het van hoe hy as kind, monsters moes veg en tydens die Tweede Wêreldoorlog in ’n huis gewoon het waar die kinders almal spesiale en buitengewone vermoëns gehad het.
Daar was ’n meisie wat goed aan die brand kon steek deur slegs daaraan te vat, ’n meisie wat ligter as ’n veer is, en kon vlieg, ’n seun wat die dooies kon opwek, ’n klein dogtertjie wat besonderse krag het en nog baie meer kinders wat woon in mej. Peregrine se huis vir bonatuurlike kinders.
Na ’n baie ongelukkige gebeurtenis waar Jake sy oupa verloor, besluit hy om ondersoek in te stel om te probeer vasstel wie nou eintlik verantwoordelik is. Kort voor lank vind hy homself in die jaar 1943 in mej. Peregrine se huis vir bonatuurlike kinders, waar Jake besef dat sy oupa se stories nog altyd waar was.
Met gevaar wat oral skuil besef Jake dat hy sal moet besluit wie om te vertrou, en besef dat hy nie is wie hy gedink het nie.

Ek gee Miss Peregrine’s Home for Peculiar Children 8/10. Dit was beslis ’n opwindende en naelbytende fliek om te kyk. Dit is donker en fantasties en weerspieël weer eens Tim Burton se uitnemende vermoë om ’n kyker vasgenael voor die skerm te hou.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button