Entertainment

Die engele gee ’n staande applous in die Vredefort-koepel

Die engele gee ’n staande applous in die Vredefort-koepel

   

 

Sondagmiddag 25 April was ‘n doodgewone Sondagmiddag in die Koepel. Dis nou as mens enigiets wat in hierdie wysheiddeurdronge gebied gebeur, as gewoon kan beskryf. Elke keer wanneer jy die Vredefort Koepel binnery, word jy bewus van ‘n bestaanswete wat jou as gewone mensekind sprakeloos laat voor die grootheid van die skepping. Kombineer dit dan met hemelse musiek en jy het ‘n belewenis wat geld nie kan koop nie. En wat doen musici as hul vriende kom kuier? Hulle maak musiek. Dit is presies wat Gerhard Benade en vriende uit die stad onlangs gedoen het! Ons was gelukkig genoeg om in die gehoor te kon wees. Wat ‘n absolute bederf was dit nie! Die uitvoering is geopen deur ‘n kamerkoor onder leiding van Daleen de Kock. ‘n Tafelgebed van Schutz is gesing wat baie mooi ingepas het by die uitnodiging om met jou eie piekniekmandjie en vonkelwyn te kom.

 

Daleen is ‘n baie ervare koorleier wat ewe maklik as sangeres ‘n solo loopbaan sou kon volg. Later het sy en haar man en twee jongmense, “Blou” gesing wat selfs vir Laurika Rauch trots sou maak. Gerhard Benade en die egpaar Hilton en Handri Anspach het gesorg vir ‘n program wat bestaan het uit stukke vir klavier en dwarsfluit en fagot wat tonekrul-lekker was. Hulle het onder andere werke van Fuhlau, Beethoven, Mozart en Vivaldi gespeel.

So vreeslik mooi dat die engele sowaar moes hande klap. Ons klein gehoor het beslis ons bes gedoen om hulle ’n dawerende applous te gee. Die musiekbelewenis is afgesluit deur die sing van die “Aandgesang” van Chris Lamprecht. Wat ‘n perfekte einde vir die unieke stukkie Sondagmiddag bederf! Goeie raad aan alle inwoners van hierdie omgewing: As Gerhard Benade hom musikaal besig hou en Jan Alleman enigsins uitnooi na ‘n uitvoering, kan jy jou enige tyd haas soontoe. Jy sal nooit teleurgestel word nie! Baie dankie aan Gerhard en vriende. Dit het ons verryk.  

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button