Reën, wind en koue kortwiek hengelaars
Die winter het ons stil bekruip en dit kon gevoel word aan die byt in die lug met hengelaars van die Mimosa-hengelklub se byeenkoms by Koppies op 14 Mei.

Die winter het ons stil bekruip en dit kon gevoel word aan die byt in die lug met hengelaars van die Mimosa-hengelklub se byeenkoms by Koppies op 14 Mei.
Dit was ’n nat en onplesierige dag en min hengelaars wou die koue, nat weer aandurf.
Die wenner van die meesters-afdeling was Herman Venter met die enigste vis wat vir die dag gevang is.
Die volgende kompetisie word gehou op 11 Junie by Die Walle. Die maandelikse braai vind soos gebruiklik plaas op Woensdag 15 Junie by die Mimosa-klubgronde.
Alle klublede is welkom. Belengstellendes kan ook gerus by die klub kom aansluit. Skakel Marius by 073 161 3765 of Veronica by 072 631 1133 vir meer inligting oor die Mimosa-hengelklub en sy aktiwiteite.