Silwer vir twee Parys rolbal-pare
Twee pare van Parys-rolbalklub het Sondag in die onderskeie eindstryde van die Noordwes rolbal pare-kampioenskappe gespeel en is met silwermedaljes beloon. In die vroue-afdeling moes Magdel O’Donoghue en Toets van der Westhuizen die knie buig voor Strathvaal se Helen Jansen en Marissa Knuppe ná baie harde spel. Die Stilfontein paar het met 18-13 gewen.

Twee pare van Parys-rolbalklub het Sondag in die onderskeie eindstryde van die Noordwes rolbal pare-kampioenskappe gespeel en is met silwermedaljes beloon.
In die vroue-afdeling moes Magdel O’Donoghue en Toets van der Westhuizen die knie buig voor Strathvaal se Helen Jansen en Marissa Knuppe ná baie harde spel. Die Stilfontein paar het met 18-13 gewen.
Op pad na die eindstryd het O’ Donoghue en van Van der Westhuizen eers afgereken met Mafeking se Uys en Venter, en daarna in ’n klipharde halfeindstryd gewen teen La Farge se Christine Marais en Marthina Wessels. Dries de Jager en Jaco Nel het in die kwartfinaal gewen teen Klerksdorp se Henry Peens en Johan Schmit om in die halfeind te staan te kom teen die ander Parys-rolbalklub paar, Rudi Jacobs en Moekie Uys. De Jager en Nel het daarna deurgedring tot die halfeind nadat hulle gewen het teen Strathvaal se Ferdi Jansen en Andre Meyer. De Jager en Nel het met die louere weggestap, maar het in die eindstryd vasgeval teen Klerksdorp se Mike Bennetto en Errol Booth. Die telling was 24-15. Die volgende Noordwes-kompetisie is die tweebal-driespel. * Heelwat Parys-spelers sal Sondag vir die Noordwes-spanne in aksie wees op die Klerksdorp-rolbalklub se bane in ’n interprovinsiale wedstryd teen Noord-Vrystaat.





