Parys-muurbalklub se spelers wat met ’n geskiedkundige oorwinning in die Vaaldriehoek-liga kon spog, is agter van links Gerard Bester, Eugene van Riet, Christiaan Dannhauser, Robert Thompson, Giovanni de Swardt en George Cilliers. Voor is George Marais, Tony Habgood, Reese Thompson, Enrico de Swardt en Rohan Kruger. Heinie Rutkowski en David Meyers was afwesig toe die foto geneem is. Foto: Studio J
Parys het vanjaar behoorlik skoonskip gemaak in die Vaaldriehoek-muurballiga toe aldrie sy klubspanne met die louere kon wegstap as ligawenners. Hoewel van Parys se spanne in die verlede wenners van verskillende ligas in die Vaaldriehoek was, is dit die eerste keer in die geskiedenis dat Parys in een seisoen drie verskillende ligas kon wen naamlik die eerste, reserwe en tweede ligas.
Spelers wat in die eerste liga gespeel het, was
Heinie Rutkowski, Chris- tiaan Dannhauser, Rohan Kruger en Giovanni de Swardt. Eugene van Riet, George Marais, George Cilliers, David Meyer en Gerard Bester het vir die tweede liga gespeel, terwyl Enrico de Swardt, Danja van Rhyn, Robert Thompson, Reese Thompson en Tony Habgood vir die reserwe liga gespeel het.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!
Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.