Vrystater aangewys as vanjaar se SA senior dames gholfkampioen
Die Vrystaat is een van die kleiner provinsies en kompeteer teen spanne soos Gauteng, Natal en WP – waarvan die spanne uit 30 of meer dames bestaan. Dit maak die prestasie soveel meer spesiaal, sê Elizabeth Fourie, president van FSSWG (FS Senior Woman Golf).

Janice Brownlee van Clarens is as die Kampioen van Kampioene by die SA Seniordames Gholf Kampioenskap in Ekurhuleni aangewys.
Janice was deel van die span van nege Vrystaat Senior Dames wat gekwalifiseer het vir die nasionale toernooi wat elke jaar in ‘n ander provinsie gehou word. Bykans 200 spelers vanoor die land neem deel.
Bo en behalwe Janice se uitsonderlike prestasie, het Annemarie van Baalen en Resa van der Merwe van Vaal de Grace, Parys, ook onder die top 15 in hulle onderskeie afdelings geëindig, en Carina Theron van Bloemfontein, onder die top 20 in haar afdeling.


Janice Brownlee ontvang haar trofee van die President van Ekurhuleni.
Die Vrystaat is een van die kleiner provinsies en kompeteer teen spanne soos Gauteng, Natal en WP – waarvan die spanne uit 30 of meer dames bestaan. Dit maak die prestasie soveel meer spesiaal, sê Elizabeth Fourie, president van FSSWG (FS Senior Woman Golf).

Lede van Vrystaat Senior Dames kom vanoor die Vrystaat en speel maandeliks in die hele provinsie. “Hierdie organisasie skep ‘n platform vir kompetisie, sosiale verkeer en die geleentheid om nasionaal deel te neem. Die onderlinge ondersteuning, lewensvreugde en kameraderie van ons Vrystaat dames is opvallend en word raakgesien wanneer ons op nasionale vlak gaan speel. Dit is ‘n groot vreugde om deel te wees van hierdie besondere sportliggaam,” sê Elizabeth.
Vyftig-plusser gholfdames is welkom om aan te sluit en deel te word van die pret. Kontak Elizabeth by 082 562 4323, vir meer besonderhede oor hoe jy aan die sport kan deelneem.




