Local news
Groot verwarring by motoriste oor die padtekens
Motoriste erg verward oor die deel van R59

Padtekens met die boodskap ‘slow down’ het gisteraand al groot verwarring gesaai onder motoriste wat van die R59 tussen Bothaville en Viljoenskroon wou gebruik maak.
Die pad is gistermiddag vir verkeer gesluit omdat water oor die pad dit onveilig maak vir verkeer.
Gisteraand moes nooddienste hulle na die toneel haas nadat 2 vragmotors hier in die water beland het. Beide vragmotorbestuurders is gelukkig ongedeerd uit die water gehaal, maar motoriste sê daar is teen vanoggend, Donderdag 22 Desember nog geen duidelike aanduiding dat die pad tans gesluit is vir verkeer aan die Viljoenskroon kant nie. Aan die Bothaville kant is daar wel borde wat sê die pad is gesluit, is verneem.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.