Local news

Nuwejaarsdag-skade: “Dit is die tweede keer”

Muur platgery

Skaars was die oujaarvieringe verby, of Khopolo Moqholosane se foon het gelui. Dit was haar bure wat geskakel het om te sê die geboude omheiningsmuur voor haar huis in Grensstraat is omgery.

Boonop is dit nie die eerste keer dat dit gebeur nie. Drie jaar gelede was dit dieselfde storie, vertel die onderwysereres van Selogilwe Primary School. Groot skade wat aangerig is net na 06:00 vanoggend op Nuwejaarsdag.

Selfs Khopolo se buurvrou wat haar geskakel het, moes al in die verlede deurloop met ‘n motor wat deur haar heining is.

Khopolo was by haar ouers ten tyde van die ongeluk en was vanoggend vroeg toe die foto’s geneem is, nog nie seker wat die presiese omstandighede was wat gelei het tot die ongeluk nie.

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button