Dié pampoen trek die skaal ver oor die 100kg
Jy kan wonder wat Aspoestertjie van dié pampoen sou sê wat die skaal laat kreun op 150kg.

Die trotse pampoenboer is Marthinus Stapelberg van Vredefort.
Tuinmaak is vir hom ‘n passie, en het hy die pampoensaad gekoop toe hy nog in Alberton gebly het. Plek om die saad te plant was daar nie, maar toe Marthinus en sy vrou, Annelie, so byna 11 maande gelede van Alberton na Vredefort verhuis het, kon hy
uiteindelik die saad plant. Die kultivar is ‘n Giant Karlifornien Pumpkin, vertel ‘n trotse Marthinus. “Ek het in Augustus 2022 met die ontkieming en groei van die pampoen begin. Met Desember se goeie reën het die pampoen so by die 10 cm per week gegroei,” vertel Marthinus, en voeg by dat die pampoen nie sy maksimum groeipotensiaal bereik het nie.

“Die groei het tot stilstand gekom met die geweldige hitte wat ons in Januarie vanjaar beleef het,” sê hy. Die natuur het sy proses voltooi, en het Marthinus verlede week, sy bielie-pampoen geoes.
In 2021 het die SA-rekord vir die swaarste pampoen op 930kg gestaan, sê Marthinus.




