Local news

Het jy Paasfees al so beleef?

Die meeste van ons leef vandag teen 'n geweldige pas en onder groot druk. In die proses kom ons selde tot stilstand. 

Die NG gemeente Parys-Oos se gebedsreis op die kruisweg van Jesus is ‘n  geleentheid om stil te word.   ‘n Unieke en persoonlike belewenis van Paasfees wat vanjaar op besondere wyse aangebied word met sewe stilwordpunte in die gemeente se kerksaal.

Die roete wat gevolg word is duidelik aangedui, en sien jy ‘n kort weergawe van die kruisiging op die skerm, voordat jy die roete loop.

Die stilwordpunte sluit in Getsemane, Judas se verloën, Die Binnehof, Geseling, Kruisiging, die Graf en Nagmaal. By die Nagmaal-punt kan jy self ook Nagmaal gebruik.

‘n Inligtingsblaadjie is saamgestel wat elkeen van die punte verduidelik en waardeur jy rustig kan lees soos wat jy deur die punte beweeg.

Vir kinders is daar ‘n spesiale blaadjie met verskillende merkers wat die verhaal van Paasfees vertel, en wat op die blaadjie vasgeplak kan word. Die blaadjie kan dan as boekmerk gebruik word.

Jy kan elkeen van die stilwordpunte op eie tyd besoek.

Beleef die ‘Via Dolorosa’ gebedsreis daagliks tot Donderderdag 6 April in die kerksaal op die hv Loop- en Paulsenstraat van 09:00-11:00, en van 16:00-18:00.

 

Kom beleef hierdie besondere reis.

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button