Kamp en voëlkyk – kom kyk en gesels saam
Wanneer daar gekamp word, sal jy verbaas wees hoeveel van ons geveerde vriende jy opmerk. Hansie Bekker kom wys Donderdagaand, 27 April om 18:30 tydens die Feathers-voëlklub se maandelikse byeenkom van die foto’s wat hulle met hul kampery so langs die pad geneem het. Die onderwerp waaroor die aand gesels word is ‘Kamp en voëltjies, …

Wanneer daar gekamp word, sal jy verbaas wees hoeveel van ons geveerde vriende jy opmerk. Hansie Bekker kom wys Donderdagaand, 27 April om 18:30 tydens die Feathers-voëlklub se maandelikse byeenkom van die foto’s wat hulle met hul kampery
so langs die pad geneem het. Die onderwerp waaroor die aand gesels word is ‘Kamp en voëltjies, of dalk voëltjies en kamp? Kom luister en gesels saam by die Sally Martin Park-saal.
Tydens die Maart-uitstappie het die klub die Vaal de Grace Gholflandgoed besoek en alhoewel net ‘n gedeelte van die gholfbaan gesien is, is 52 voëlspesies aangeteken.
Saterdag, 29 April sal die klub Elgro River Lodge besoek waar daar met wildkykvoertuie vergesel van gidse deur die plaas beweeg sal word om te kyk watter voëls daar is. Die besoek word daarna met middagete afgesluit. Die groep sal om 06:30 vertrek
en finale reëlings sal tydens die vergadering van 27 April bespreek word.
Al wat jy nodig het is jou verkyker en dalk ‘n hoed. Vir meer inligting oor die Feathers-voëlklub skakel Hansie Bekker by (056) 811 4754