Local news

Het jy al jou voorafbetaalde kragmeter opdateer?

Die munisipaliteit is beskikbaar om te help indien jy nie die opdatering self kan doen nie.

Probleme kan volgende maand vir voorafbetaalde elektrisiteitsgebruikers in Suid-Afrika voorlê indien kragbokse nie opdateer word nie.

Baie van die 11,64 miljoen voorafbetaalde elektrisiteitsmeters in Suid-Afrika kan ná 24 November 2024 ophou funksioneer as hulle nie betyds ’n kritieke opdatering ontvang nie.

Hierdie dreigende probleem spruit uit ‘n kritieke sagteware-opdatering wat nodig is om te verseker dat die meters, wat Standard Transfer Specification (STS)-tegnologie gebruik, voortgaan om elektrisiteit te voorsien.

Op 24 November 2024 sal die stelsel egter teruggestel word, wat alle bestaande elektrisiteitsbewyse ongeldig maak. Dit sal beteken dat alle elektrisiteitsbewyse wat op die huidige stelsel gegenereer is, verwerp word en meters sal nie meer nuwe krediet kan aanvaar nie. Elektrisiteit sal dan nie meer voorsien word sodra die oorblywende krediet opraak nie.

Om die kragboks te opdateer, ontvang klante twee 20-syfer Sleutel Hersieningsnommers (KRN) wat dan by die boks ingevoer moet word.  Wanneer ‘n elektrisiteitsbewys gekoop word, sal klante ook die twee 20-syfernommers ontvang.

In gevalle waar klante met die proses sukkel, is spanne ontplooi om huishoudings met die opgradering by te staan.

“’n Nuwe reeks elektrisiteitsverkopekodes sal aan alle meters in Suid-Afrika bekend gestel word. Dit sal verseker dat die meter se sleutelveranderingskode nie verval nie. Eskom lig sy voorafbetaalde kliënte in dat die lewensduur van die huidige verkoopskodes van meters op 24 November 2024 sal verval. As jy ‘n voorafbetaalde Eskom-kliënt is, sal jy aksie moet neem om te verseker dat jou meter aanhou werk en dat jy steeds jou meter sal kan aanvul wanneer jy jou metertokens koop,” het Eskom in ‘n verklaring gesê.

Hoe om te verseker jou kragboks is opdateer:

  • Die eienaar van elke geregistreerde voorafbetaalde elektrisiteitsboks sal ‘n sms ontvang wanneer die kragbokse in hulle area opgradeer moet word. Voorbeeld aangeheg.
Voorbeeld van sms wat ontvang sal word.
  • Die eienaar of huurder wat van die kragboks gebruik maak, moet dan enige bedrag elektrisiteit koop.
  • Wanneer jy die strokie van die elektrisiteitsbewys kry, sal daar drie kodes op wees. Voorbeeld aangeheg.
Voorbeeld van die kodes wat op die strokie sal voorkom.
  • Voer dan die eerste van die 20-syfer kodes in die stelsel in en wag dat dit aanvaar word.
  • Nadat die kode aanvaar is, moet die tweede 20-syfer kode ingevoer word.
  • ‘n Derde kode – wat die aanvul-elektrisiteitsbewys is – kan dan ingevoer word.
  • Kliënte sal weet dat die stelsel suksesvol opgedateer is wanneer die aanvulling-elektrisiteitsbewys suksesvol gelaai is.

Hoe om verseker te weet jou boks is opgradeer:

Wanneer jy weer elektrisiteit koop, ondersoek die strokie wat aan jou gegee is. Onderaan jou strokie sal jy ‘n verwysing na KRN sien. As die nommer KRN 1 is, is jou meter nog nie opgegradeer nie. As die nommer KRN 2 is, is jou meter opgegradeer.

Bronne: Eskom, Businesstech, Straton.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Tania Coetzee

I am a passionate journalist and photographer. I have been a photographer for 15 years and a journalist for 4 years. I recently started working for Potchefstroom Herald. I love writing people's stories and showcasing their inner beauty through photography.

Related Articles

Back to top button