Local news

Drie van Ikageng vas vir Buffelshoek-moord

Die verdagtes sal 11 November in die Potchefstroom-landdroshof verskyn.

Drie verdagtes wat vermoedelik by ʼn roof en moord in Buffelshoek betrokke was, is Donderdag 7 November in Ikageng in hegtenis geneem. Drie vuurwapens, twee wat glo tydens die roof gesteel is en een wat glo tydens die roof gebruik is, is in die verdagtes se besit gevind.

Brigadier Sabata Mokgwabone, polisiewoordvoerder, sê die verdagtes het glo ‘n huis op Vrydag 25 Oktober beroof en tydens die proses is die slagoffer dood.

“Die verdagtes het die slagoffer se voertuig, twee vuurwapens, gereedskap en huishoudelike goedere gevat. Die verdagtes het glo ook by ‘n ander huis in die area ingebreek.”

Met die opsporing van die verdagtes het die span hard gewerk om te verseker dat hulle gesteelde items terugkry wat ‘n spaarwiel, klere, kampstoele, komberse, twee beddens, matte, 15 rondtes ammunisie, ʼn haelgeweer en een vuurwapen insluit.

Die verdagtes van onderskeidelik 33 en 42 jaar oud sal vandag 11 November in die Potchefstroom-landdroshof op aanklagte van huisbraak, moord, diefstal van ‘n motorvoertuig, twee aanklagte van besit van vermoedelik gesteelde goedere en onwettige besit van vuurwapens en ammunisie verskyn.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Tania Coetzee

I am a passionate journalist and photographer. I have been a photographer for 15 years and a journalist for 4 years. I recently started working for Potchefstroom Herald. I love writing people's stories and showcasing their inner beauty through photography.

Related Articles

Back to top button