Local news

Kenners sê oor Bela-wet na president wet onderteken

"Ons het volle vertroue in minister Gwarube se vermoë om riglyne voor te stel wat geskik is vir die doel om skole teen ondermyning te beskerm."

Die Wysigingswet op Basiese Onderwyswette (Bela) is Vrydag, 20 Desember onderteken – met ‘n ooreenkoms dat die regulasies wat die wet gaan rig, wel die omstrede Artikels 4 en 5 rondom taal en toelating sal kan oplos.

Hierdie regulasies sal die norme en standaarde stel wat as “beskerming” moet dien oor gemeenskappe se besluitnemingsbevoegdheid oor hul skole.

President Cyril Ramaphosa het die versekering gegee dat die basiese onderwysminister, Siviwe Gwarube, voldoende tyd gegun sal word om hierdie regulasies in plek te stel.

“Die VF Plus sal deurentyd betrokke wees en sal die regulasies fyn dophou en die proses monitor. Die party sal as deel van die regering van nasionale eenheid sorg dat Afrikaanse moedertaalonderrig behoue bly,” het Dr. Pieter Groenewald, VF Plus-leier, in ‘n verklaring gesê.

John Steenhuisen, DA-leier, het ook die DA se standpunt oor die saak duidelik gemaak.

“Die uitkoms van die onderhandelinge in die geskilbeslegtingsmeganisme (Clearing House Mechanism) se taakspan is ‘n wen-wen-kompromie wat die BELA Wet in staat stel om geïmplementeer te word sonder om bestaande grondwetlike regte op moedertaalonderrig te ondermyn.

“Deurslaggewend is die President se aankondiging oor die implementering van die BELA Wet wat duidelik maak dat die Minister van Basiese Onderwys, die DA se Siviwe Gwarube, nou die taak het om regulasies sowel as norme en standaarde te ontwikkel wat die Wet sal reguleer, insluitend omstrede artikels rakende taal en toelatings.

“Ons het volle vertroue in minister Gwarube se vermoë om riglyne voor te stel wat geskik is vir die doel om skole teen ondermyning te beskerm. Die feit dat ‘n gematigde DA minister met hierdie kritieke werk belas word, is ‘n bewys van die DA se rol in die RNE as die kampioen van grondwetlike regte, insluitend die reg op moedertaalonderrig.

“Die President se aankondiging dat die BELA Wet in sy geheel geïmplementeer sal word, is deur al die betrokke partye in die taakspan (DA, VF-Plus, GOOD, en ANC) aanvaar, op voorwaarde dat Gwarube norme, standaarde en regulasies uitreik om die implementering van die omstrede afdelings van die Wet te regeer.

“Dit was ‘n uitputtende proses, maar hierdie uitkoms het gewys dat die konflikoplossings van die RNE kan werk as partye die nodige welwillendheid toon.

“Die DA bly vasberade om die bestaande reg op moedertaalonderrig te verdedig en dit uit te brei na al hoe meer leerders in Suid-Afrika.

“Ons vasberadenheid dat die omstrede afdelings van die BELA Wet slegs geïmplementeer kan word met voldoende veiligheidsmaatreëls wat onder ‘n DA minister ingestel word, is bevestig.”

Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit, sê die Solidariteit Beweging berei voor vir regsaksie teen President Ramaphosa oor die Bela-promulgeringskennisgewing.

“Ons wag vir die finale kennisgewing in die Staatskoerant. As die promulgering so teenstrydig is soos sy aankondiging gaan ons dit in die hof toets. Ons sal ons nie laat vang met swak of verkeerde bewoording nie. Die saak is net te belangrik om enige iets net te aanvaar. Die positiewe element van die aankondiging is dat die Wet nie geïmplementeer kan word voor norme en standaarde ontwikkel is nie. Solidariteit se Nedlac-ooreenkoms is hier baie relevant, want dit bepaal die inhoud van norme en standaarde en het beskerming vir Afrikaanse skole. Dit is stap vorentoe, maar die stryd is nie verby nie.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Tania Coetzee

I am a passionate journalist and photographer. I have been a photographer for 15 years and a journalist for 4 years. I recently started working for Potchefstroom Herald. I love writing people's stories and showcasing their inner beauty through photography.

Related Articles

Back to top button