Local news

Liggaam van vermiste kleuter in rivier opgespoor

Die kleuter het volgens sy familie naby die rivier gespeel.

‘n Kleuter (2) wat Donderdag, 19 Desember in die Noordwes vermis geraak het nadat hy in ‘n veld naby ‘n rivier gespeel het, se liggaam is Vrydag, 20 Desember in die rivier gekry.

Arthur Crewe, NSRI-Hartbeespoortdam se stasiebevelvoerder, sê hulle is Vrydagoggend 04:00 deur die polisie ontbied om deel te neem aan ‘n soektog vir die vermiste kleuter wat reeds laat Dondermiddagmiddag geloods is.

Die kleuter het volgens sy familie naby die rivier gespeel en het nie weer teruggekeer huis toe nie. NSRI-reddingswemmers en Strategic Rescue Unit het by verskeie polisie-eenhede en Tshwane-nooddienseenhede aangesluit.

Die volskaalse soektog met behulp van ‘n polisie-helikopter het voortgegaan totdat die liggaam van die kleuter opgespoor en deur polisieduikers uit die rivier gehaal is.

Die liggaam van die kind is in die sorg van die polisie en staatsgesondheid se forensiese patologiedienste geneem.

Die polisie het ‘n geregtelike doodsondersoek geopen.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Tania Smith

As a passionate journalist and photographer, I strive to tell meaningful stories through both words and images. With a keen eye for detail and a love for people and their stories, I aim to capture the heart of every moment and bring local news and community stories to life.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button