Local news

Vrystaat vier nuwe lewe met 24 Nuwejaarsbabas

Die eerste baba wat by openbare gesondheidsfasiliteite in die Vrystaat gebore is, was om 00:01 by die Albert Nzula-distrikshospitaal in Trompsburg in die lewe gebring.

Altesaam 24 Nuwejaarsbabas is vanoggend teen 08:00 by staatshospitale in die Vrystaat gebore.

“Dit is altyd ‘n opwindende tyd wanneer ‘n baba gebore word, veral op nuwejaarsdag aangesien dit die ‘geboorte’ van ‘n nuwe jaar en ‘n nuwe era in ons lewens simboliseer,” het die Vrystaatse departement van gesondheid in ‘n verklaring gesê.

Die eerste baba wat by openbare gesondheidsfasiliteite in die Vrystaat gebore is, was om 00:01 by die Albert Nzula-distrikshospitaal in Trompsburg in die lewe gebring. Retshiditswe Lawerloot (22) het om 00:01 aan ‘n dogtertjie met ‘n gewig van 2,56kg, geboorte geskenk.

Die Pelonomi Tersiêre Hospitaal se kraamsaal het die tweede baba van die dag in die wêreld gebring. Puleng Sekonyela van Bloemfontein het om 00:10 haar dogtertjie, wat 3,21kg geweeg het, in die lewe gebring.

Die derde baba is om 00:18 gebore. Dineo Liesok (27) het haar seun om 00:18, wat 3,23kg geweeg het, by die kraamsaal van die Thusanong-distrikshospitaal in Odendaalsrus in die lewe gebring.

“Ons wens al die nuwe moeders en familie geluk met die byvoeging van hierdie kosbare nuwejaarsgeskenke,” het die departement in die verklaring voortgegaan.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Tania Coetzee

I am a passionate journalist and photographer. I have been a photographer for 15 years and a journalist for 4 years. I recently started working for Potchefstroom Herald. I love writing people's stories and showcasing their inner beauty through photography.

Related Articles

Back to top button