Local news

Geldwa tydens transitoroof opgeblaas

Niemand is tydens die voorval beseer nie.

‘n Geldwa is oujaarsaand opgeblaas en ‘n onbekende bedrag geld is gesteel tydens ‘n transitoroof wat naby Mogwase in die Noordwes plaasgevind het.

Lieutenant kolonel Sam Tselanyane, polisiewoordvoerder, sê ‘n geldwa met twee sekuriteitsbeamptes binne, is glo omtreeks 18:00 op 31 Desember 2024 deur ‘n Mercedes Benz gestop net voordat die bus oor ‘n spoedhobbel kon ry. Die Mercedes Benz-sedan wat van die sypad af gekom het, het die pad versper.

“’n Aantal swaar gewapende verdagtes het na vore gekom en skote op die begeleidingsvoertuig, wat nie ver van die toneel tot stilstand gekom het nie, begin skiet en die bemanning het daarin geslaag om ongedeerd te vlug. ’n BMW-voertuig het die pad vir ander padgebruikers versper.”

Die twee sekuriteitsbeamptes wat binne die geldwa was, is met ‘n vuurwapen uit die bus gedwing en van hul vuurwapens beroof. ‘n Onbevestigde aantal verdagtes het plofstof gebruik om die geldwa op te blaas en ‘n onbekende bedrag kontant geneem. Boonop het die Mercedes Benz en die bus aan die brand geslaan as gevolg van plofstof.

Die verdagtes het van die toneel gevlug in drie voertuie wat ‘n BMW, ‘n wit Toyota Fortuner en ‘n wit Ford Ranger-dubbelkajuitbakkie insluit.

Niemand is tydens die voorval beseer nie. Die verdagtes is steeds onbekend en nog op vrye voet.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Tania Coetzee

I am a passionate journalist and photographer. I have been a photographer for 15 years and a journalist for 4 years. I recently started working for Potchefstroom Herald. I love writing people's stories and showcasing their inner beauty through photography.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button