NewsNews

Betogers maak amok op N12

Betogers het gister (4 Mei) omstreeks 05:40 klippe oor die N12 oppad na Klerksdorp gepak en verkeer erg ontwrig. Hulle het ook bande op die pad gebrand.

Betogers het gister (4 Mei)  omstreeks 05:40 klippe oor die N12 oppad na Klerksdorp gepak en verkeer erg ontwrig.  Hulle het ook bande op die pad gebrand.

Die bestuurder van ‘n voertuig wat die klippe te laat gesien het het van die groot klippe getref en van die pad af gery.

‘n Busdrywer is na bewering ook gedwing om met sy bus dwars oor die pad stil te hou om die pad te versper.

Die betogers het glo die bus se sleutels daarna by hom afgeneem. Kort nadat die polisie en verkeersbeamptes op die toneel opgedaag het het die betogers uitmekaar gespat. Die bus is deur ‘n insleepdiens van die pad gesleep.

Die brandweer het die brandende bande geblus en van die pad verwyder. Teen 08:00 was die pad veilig vir gebruik.

Daar word vermoed dat die betoging glo verband hou met die beplande optog na die PUK later vandag.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button