Ngwathe rekeninge: Amptenare verskyn voor openbare beskermer
Amptenare van die Ngwathe Munisipaliteit het op Dinsdag 10 Mei voor die Openbare Beskermer (OB) in Bloemfontein verskyn nadat hulle gedaag was om antwoorde te verskaf op minstens agt klagtes wat verband hou met foutiewe rekeninge aan inwoners, versuim om wetlik voorgeskrewe vereistes rakende rekeninge na te kom en dispuutprosesse toe te pas. Verdere klagte van versuim om ’n behoorlike brandweerdiens in Heilbron te lewer vorm ook deel van die ondersoek.

“Ek is bly dat die proses hierdie stadium van vordering bereik het en vertrou dat dit nou vinniger sal vorder met die OB wat die betrokke amptenare slegs twee weke grasie gegee het om antwoorde op al die klagtes te gee” sê VF Plus Raadslid Phillip van der Merwe wie die klagtes namens verskeie inwoners en instansies vir die ondersoek verwys het. “Ek was genoodsaak om hierdie weg te volg omdat pleidooie aan die amptenare, en selfs dreigemente dat die aangeleenthede wel na die OB verwys sou word, eenvoudig op dowe ore geval het” voeg hy by.
Munisipale rekeninge in Ngwathe is vol foute wat spruit uit foutiewe lesings, onoordeelkundige skattings van verbruik, invoer van foutiewe inligting op die munisipaliteit se rekenaarstelsels en versuim om aanpassings te maak om sulke foute reg te maak. Hierdie tekortkominge is ook by herhaling deur die Ouditeur Generaal uitgewys en verskyn weer in sy verslag oor die munisipaliteit se finansies vir die 2014/2015 boekjaar wat pas voor die Stadsraad gedien het, maar tog duur die probleme voort. Volgens Van der Merwe betwyfel hy en die Ouditeur Generaal dit of munisipale personeel by die finansiële afdeling bekwaam genoeg is om die prosesse te bestuur en die bestaande stelsels korrek en volledig te implimenteer. Die verslag druk dit as volg uit “ The municipality did not implement proper record keeping ensuring that complete, relevant and accurate information is accessable and available to suppport performance reporting. This is due to lack of competence from staff in finance and performance”.
Volgens Van der Merwe kan die Ouditeur Generaal, ten spyte van sy bevindinge, self geen regstellende stappe teen die munisipaliteit afdwing nie.
“Daarom sien ek met groot verwagting uit na die OB se bevindinge wat wel afgedwing kan word en wat ek vertrou sal lei tot die aanspreek van die huidige tekortkominge” sê hy. Inwoners sal deur Gazette op hoogte gehou word met vordering.