Parysenaars vier saam Wêreld bloedskenkingsdag
Die Suid-Afrikaanse Nasionale Bloeddiens (SANBD) vier op 14 Junie Wêreld-bloedskenkerdag. Dit is ’n dag waarop internasionaal erkenning gegee word aan bloedskenkers. Die tema vir Wêreld-bloedskenkerdag is “Bloed verbind ons almal” en Parysenaars kan die geleentheid ondersteun op Dinsdag 7 Junie vanaf 13:00 tot 19:00 by die Hervormde kerksaal, h/v Loop- en Paulsenstraat. Die doelwit vir die dag is om 115 eenhede bloed in te samel.

Die Suid-Afrikaanse Nasionale Bloeddiens (SANBD) vier op 14 Junie Wêreld-bloedskenkerdag. Dit is ’n dag waarop internasionaal erkenning gegee word aan
bloedskenkers.
Die tema vir Wêreld-bloedskenkerdag is “Bloed verbind ons almal” en Parysenaars kan die geleentheid ondersteun op Dinsdag 7 Junie vanaf 13:00 tot 19:00 by die Hervormde kerksaal, h/v Loop- en Paulsenstraat. Die doelwit vir die dag is om 115 eenhede bloed in te samel.
Ten spyte van groot epidemies van aansteeklike siektes, het Suid-Afrika ’n hoë graad van
bloedveiligheid en ’n betroubare bron van bloed dwarsoor die land gehandhaaf. Dit word
toegeskryf aan kernaanbevelings deur die Wêreld-gesondheidsorganisasie (WGO) oor
goeie bloeddiensbestuur: dat ons kan staat maak op onbetaalde vrywillige skenkers, die
universele toetsing van geskenkte bloed en die vermindering van onnodige oortappings.
Die SANBD het positiewe uitslae op die volgende gebiede behaal:
* SA is een van 65 lande in die wêreld wat 100 persent van ons bloed van vrywillige
skenkers wat nie betaal word nie, ontvang. Die WGO se mikpunt is om alle lande
teen 2020 te kry om hierdie model te aanvaar.
* Die SANBD werk nou saam met gesondheidswerkers wat bloedoortappings by
gesondheidsfasiliteite doen om bewusmaking te verhoog oor die korrekte gebruik
van bloed en dus vermorsing van hierdie kosbare hulpbron te verminder.
* Ten einde bloed veilig te hou, toets die SANBD daagliks elke eenheid bloed
wat ingesamel word vir patogene wat MIV, Hepatitis B en C, en sifilis veroorsaak –
almal algemene siektes in SA. Suid-Afrika is een van die min middelinkomste lande
wat individuele-nukleïensuurversterkingstoetsing doen wat die patogene opspoor wat vir hierdie epidemies verantwoordelik is deur die duur van die vensterperiode beduidend te verkort.
Dit is ’n belegging wat vele slagoffers van ongelukke, lyers aan bloedverwante siektes en
moeders in kraam die kans gee om gesonde lewens te lei.
Wendy Patterson, ’n nuwe moeder, is die kans gegun om haar seun te sien opgroei. Sy sou
vandag nie gelewe het as dit nie vir 22 vreemdelinge se bloed was wat in die oortappings
gebruik is wat sy benodig het nie.
“Die geboorte van my seun was die wonderlikste ervaring van my lewe maar die
behandeling wat ek ondergaan het om die pyn te beheer wat deur twee verskuifde
werwels veroorsaak is, het gesorg dat ek twee keer byna doodgebloei het. Ek onthou hoe
die spierwit hospitaallakens rooi geword het van die baie bloed wat ek verloor het, sê
Patterson.
Vandag het die SANBD meer as 400 000 skenkers op hul databasis, en die getal groei
steeds.
“Die SANBS word ook jonger want al hoe meer van ons skenkers deesdae is jong mense.
Ons belegging in geteikende veldtogte om skenkers op te voed en die steun van
gemeenskappe te kry, het vrugte afgewerp. Baie mense sien die skenk van bloed nou as ’n
liefdesdaad eerder as bloot ’n mediese reaksie. Bloed verbind mense.
“Dit is ons wens dat ons pogings ’n veel groter verskeidenheid skenkers na ons skenkersentrums
sal trek om hierdie lewensreis van onselfsugtige liefde te begin,” sê Vanessa Raju,
kommunikasiebestuurder van die SANBD.
Die SANBD moedig elke Suid-Afrikaner aan om by die gereelde groep bloedskenkers aan te
sluit wat die lewens van hul medemense op hierdie manier red.
Vir meer inligting oor hoe om ’n bloedskenker te word, en waar om jou naaste
skenkersentrum te kry, besoek www.sanbs.org



