Die grasdaklapa van Johan en Sandra van Huyssteen in Eerstelaan 26 het Dinsdagoggend net voor 05:00 aan die brand geraak en tot op die grond afgebrand.
Die Van Huyssteens se lapa wat tot op die grond afgebrand het. Net die vorige aand is daar nog in die lapa gekuier en pizzas gemaak in die pizza-oond wat nog hier gesien kan word.
Die grasdaklapa van Johan en Sandra van Huyssteen in Eerstelaan 26 het Dinsdagoggend net voor 05:00 aan die brand geraak en tot op die grond afgebrand.
Ryno Lindeque van die We Care WhatsApp-groep vertel dat hy ’n slag gehoor en die rook gesien het, minute voor 05:00. Hy het dadelik hulp op die Whatsapp-groep gevra.
Binne minute was sowat 10 vrywilligers van die groep op die toneel en is daar saam met die brandweer gehelp om die brand onder beheer te bring.
Desondanks die skade aan die lapa is daar geen skade aan die woning self of naburige eiendom nie.
Die slag wat gehoor is was toe die gasbottel in die lapa ontplof het as gevolg van die hitte. Die egpaar bedank almal wat so vinnig gereageer het om te help.
*Verlede week was daar nóg ’n huisbrand in Parys in Heapstraat.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!
Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.