NewsNews

Nog ‘n klerewinkel beroof

Fashion Express in Kortstraat, Parys, is vanoggend net na 09:00 beroof tydens 'n gewapende roof soortgelyk aan dié by Ackermans op 17 Julie. Die rowers het te voet gevlug en is steeds soek.

Fashion Express in Kortstraat, Parys, is vanoggend net na 09:00 beroof tydens ‘n gewapende roof soortgelyk aan dié by Ackermans op 17 Julie. Die rowers het te voet gevlug en is steeds soek.

Twee mans gewapen met handwapens het volgens die polisie kort nadat die winkel vanoggend oopgemaak het, ingestap en soos wat by Ackermans gedoen is, selfone en kontant ge-eis. Die drie personeellede is na ‘n stoorkamer agter in die winkel geneem waar die geld en selfone uit die kluis gehaal is. Die personeel is in ‘n kombuis vasgebind en toegesluit waarna die rowers gevlug het.

Volgens die polisie het ‘n kliënt wat gesien het wat gebeur het, die polisie laat weet.

Die afgelope week is 2 bakkies ook weer in die dorp gesteel. ‘n Nissan bakkie is op 21 Julie in Waterstraat gesteel, en ‘n Drifter bakkie op 23 Julie op die parkeerterrein by Sabre Motors in Breëstraat. Voertuigdiefstal het die afgelope paar weke ernstig toegeneem in die dorp. Mense word gewaarsku om asseblief nie waardevolle items in hul motors te los nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button