NewsNews
Graad 3 meisie kry rol in nuwe Afrikaanse rolprent
‘n Graad 3-leerling van Glenharvie Combined, Rowan-Raine Pretorius, gaan eersdaags in die nuwe Afrikaanse rolprent Vaselinetjie gesien word. Volgens die negejarige Rowan Raine se ma, Chermon Pretorius, het sy het pas haar laaste tonele vir die rolprent in Johannesburg klaar geskiet. Volgens Pretorius het haar dogter nog nooit vantevore vir enige kompetisies ingeskryf nie. “Dit was bloot toeval dat ons die reggiseur van die film, Corne van Rooyen, op televisie gesien het waar hy oor die film gesels het,” vertel sy. Pretorius het op die ingewing van die oomblik, net twee weke voor die sluitingsdatum, besluit om ‘n video oudisie in te stuur. ‘n Week later het hulle die eerste oproep ontvang wat gesê het Rowan Raine na die tweede rondte deur. Nog ‘n video oudisie met ‘n spesifieke karakter is ingestuur. ‘n Paar weke hierna is Rowan Raine uitgenooi na ‘n werkswinkel vir akteurs in Johannesburg waar sy die res van die karakters ontmoet het en toe die rol van klein Albie aangebied is. Albie is een van vier maatjies in ‘n kinderhuis en is ook die jongste van dié maatjies. Die rolprent word in 2017 vrygestel en is op die boek Vaselinetjie deur Anoeschka Von Meck gebaseer. Volgens haar ma het Rowan-Raine die verfilming baie geniet en sê dit was die heel beste ondervinding van haar lewe. Sy het baie maats op stel gemaak en vertel hoe interessant alles was. Indien dié talentvolle jongeling kon kies, sou sy eendag saam met Dr. At Koster van Binnelanders en Jack Parrow toneel wou speel. Haar gunsteling film genres is komedie en animasie. Haar stokperdjies is dromme

‘n Graad 3-leerling van Glenharvie Combined, Rowan-Raine Pretorius, gaan eersdaags in die nuwe Afrikaanse rolprent Vaselinetjie
gesien word. Volgens die negejarige Rowan Raine se ma, Chermon Pretorius, het sy het pas haar laaste tonele vir die rolprent in Johannesburg klaar geskiet. Volgens Pretorius het haar dogter nog nooit vantevore vir enige kompetisies ingeskryf nie. “Dit was bloot toeval dat ons die reggiseur van die film, Corne van Rooyen, op televisie gesien het waar hy oor die film gesels het,” vertel sy. Pretorius het op die ingewing van die oomblik, net twee weke voor die sluitingsdatum, besluit om ‘n video oudisie in te stuur. ‘n Week later het hulle die eerste oproep ontvang wat gesê het Rowan Raine na die tweede rondte deur. Nog ‘n video oudisie met ‘n spesifieke karakter is ingestuur. ‘n Paar weke hierna is Rowan Raine uitgenooi na ‘n werkswinkel vir akteurs in Johannesburg waar sy die res van die karakters ontmoet het en toe die rol van klein Albie aangebied is. Albie is een van vier maatjies in ‘n kinderhuis en is ook die jongste van dié maatjies. Die rolprent word in 2017 vrygestel en is op die boek Vaselinetjie deur Anoeschka Von Meck gebaseer. Volgens haar ma het Rowan-Raine die verfilming baie geniet en sê dit was die heel beste ondervinding van haar lewe. Sy het baie maats op stel gemaak en vertel hoe interessant alles was. Indien dié talentvolle jongeling kon kies, sou sy eendag saam met Dr. At Koster van Binnelanders en Jack Parrow toneel wou speel. Haar gunsteling film genres is komedie en animasie. Haar stokperdjies is dromme
speel en teken. Rowan-Raine se gunsteling vak op skool is wiskunde en sy het onlangs die Mental Maths in haar graad gewen. “Almal noem haar Rainy want hul kan nooit haar naam onthou nie. Sy verskil heeltemal van die karakter wat sy gespeel het en die enigste ooreenkoms is dat albei lief is vir skaak. Sy het haar karakter baie ge- niet omdat sy kon speel sy is iemand wat sy nie is nie,” het haar ma vertel, en genoem dat “Rainy” ‘n sensitiewe dogtertjie met sterre in haar ogies is, wat wanneer sy groot is ‘n aktrise en “Italiaanse Sjef ” wil word.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!


