NewsNewsSportSport

Goeie pyltjiespel by Africa Union Sports Council gesien

Slegs 5 lande het die 28ste tweejaarlikse Africa Union Sports Council Streek 5 veerpyltjietoernooi bygewoon wat geskuif is van Lusaka na Windhoek. Zambië, Malawi en Swaziland was afwesig. Nogtans is hoë gehalte pyltjiespel gesien. Suid-Afrika het soos in die afgelope 10 jaar se spel gedomineer en skoonskip gemaak in elke afdeling waaraan deelgeneem is. Die uitslae was: Mans - Suid-Afrika 1ste, Zimbabwe 2de en Botswana 3de; Vroue - Suid-Afrika 1ste, Zimbabwe 2de en Lesotho 3de en Veterane - Suid-Afrika 1ste, Zimbabwe 2de en Botswana 3de. Die Jeug 0.25 is gewen deur Zimbabwe met Namibië in die tweede plek en Botswana derde.

Slegs 5 lande het die 28ste tweejaarlikse Africa Union Sports Council Streek 5 veerpyltjietoernooi  bygewoon wat geskuif is van Lusaka na Windhoek. Zambië, Malawi en Swaziland was afwesig.
Nogtans is hoë gehalte pyltjiespel gesien. Suid-Afrika het soos in die afgelope 10 jaar se spel gedomineer en skoonskip gemaak in elke afdeling waaraan deelgeneem is.
Die uitslae was: Mans – Suid-Afrika 1ste, Zimbabwe 2de en Botswana 3de; Vroue – Suid-Afrika 1ste, Zimbabwe 2de en Lesotho 3de en Veterane – Suid-Afrika 1ste, Zimbabwe 2de en Botswana 3de. Die Jeug 0.25 is gewen deur Zimbabwe met Namibië in die tweede plek en Botswana derde.
Veerpyltjiespel by Palm Court op 2 September tydens die 60ste verjaardagfunksie van Boesman Groenewald, is slegs deur Palm Court spelers ondersteun, en 2 spelers van die Boma, Nico en Susan Schoeman. Die wedstryde is op ’n  rondomtalie basis beslis en is afgesluit met ’n  uitklop ope.
Amelia van Zyl was eerste in die dames-kompetisie met Bella Louw tweede en Susan Knap derde.
Die mans het na die afsluiting vna die rondomtalie  3 spelers gesamentlik in die eerste plek gehad en is die wenner op ’n  uitklopbasies beslis. Danie van der Merwe het as wenner uit die stryd getree.
Hippo Louw en Ockert Grobler was gesamentlik tweede.
Hoë tellings is behaal deur:
Danie van der Merwe – 2 x 125 – 4 x 140 – maak toe op 74 – 14 – 3 x 20 – 2 x 20 en op 102 3 x 14 – 3 x 20 – 2 x 20.
Ockert Grobler – 2 x 21 – 2 x 125 – 5 x 140 maak toe op 95 – 3 x 19 – 2 x 19.
Hippo Louw – 1 x 121 – 2 x 135 – 2 x 140
Amelia van Zyl – 9 x 100 – 1  121
Bella Louw – 3 x 100
Susan Knap – 1 x 129
Nico Schoeman – 1 x 100
Susan Schoeman – 1 x 100
Die voorlopige datum vir die Dome R15 000 veerpyltjie-toernooi is 5 November by Palm Court Hotel in Parys.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button