Wind kortwiek Vaaldam-hengel
Die Mimosa-hengelklub se Oktober-hengelkompetisie by die Regeringsplaas, Vaaldam, het ten spyte van stormsterk wind, redelike vangste opgelewer. Die dames-afdeling is gewen deur Ronel de Klerk terwyl die Meesters-afdeling gewen is deur Herman Venter. Niemand kon egter die poelvis wat geloot is as ’n kleinbek geelvis, vang nie. Baie geluk aan al die wenners, wat ten spyt

Die Mimosa-hengelklub se Oktober-hengelkompetisie by die Regeringsplaas, Vaaldam, het ten spyte van stormsterk wind, redelike vangste opgelewer.
Die dames-afdeling is gewen deur Ronel de Klerk terwyl die Meesters-afdeling gewen is deur Herman Venter. Niemand kon egter die poelvis wat geloot is as ’n kleinbek geelvis, vang nie.
Baie geluk aan al die wenners, wat ten spyte van onaangename weersomstandighede deurgedruk het!
Hengelaars word gevra om alle trofeë in hul besit voor/op 20 November terug te besorg by Veronica.
Die volgende hengelkompetisie is op 12 November by Die Walle (Vaaldam). Hengelaars kom by die hek bymekaar om 06:00 vir 06:15. Onthou ook van die algemene vergadering wat by die huis van Jan en Lien van Niekerk, Oranjestraat 50, Parys, gehou word. Die vergadering begin om 18:00.
Punte van bespreking vir die algemene jaarverdering wat op Donderdag 5 Januarie gehou word, moet skriftelike by Veronica ingegee word voor/op 30 November. Vir hengelnavrae skakel Veronica by 072 631 1133 of Kobus by 082 878 2579.



