NewsNews

Brand verwoes huis, baba-hondjie dood

’n Gesin se babahondjie het doodgebrand en hulle het alles wat in hul huis was verloor in ’n brand wat Sondagoggend omstreeks 02:00 uitgebreek het.

trokkie

Die gesin moes deur die vlamme hardloop om uit die huis te kom.
“Daar was net een pad uit en dit was by die voordeur. Ons kon dood gewees het,” vertel Geraldine Freysen van die angsoomblikke wat hulle beleef het.
Volgens Herman Freysen het hulle geslaap toe ’n vriend, wat by hulle oornag het, glas hoor breek het.
“Hy het gaan kyk en gesien die bankie in die sitkamer brand.”

herman
Geraldine het dadelik hulle 18 maande oue seun, SJ, in ’n kombers toegedraai om uit die huis te kom.
In die mal geskarrel om veilig uit te kom het SJ se babahondjie en “Bearded Dragon” agtergebly. Albei diertjies is in die brand dood.
Hulle het Mooirivier Beskerming se nuwe paniektoestel, Ice Bear, gebruik om hulp te kry.
Volgens Christiaan Haefele, bedryfsbestuurder van Mooirivier Beskerming het hulle telefonies met Freysen kontak gemaak, waarna hulle die brandweer laat weet het.
Die gesin het gelukkig geen ernstige beserings opgedoen nie en is slegs vir rookinaseming behandel.
Die gesin het egter alles in die brand verloor. Hulle woon tans by Geraldine se ouers in die stad.
Die gesin het nie versekering vir die huisinhoud nie. As enigeen kan help, kan Herman by 071 512 0030 gekontak word.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button