NewsNews

Eskom-skuldtou trek al stywer – so hittete watertekort

Ngwathe munisipaliteit moes inderhaas 'n betaling van R69 184 aan Eskom maak nadat die kragreus 3 ure gelede na vele waarskuwings die kragtoevoer afgesny het na die pompstasie wat die waterwerke vir die hele Vredefort en Mokwallo van water voorsien .

Ngwathe munisipaliteit moes inderhaas ‘n betaling van R69 184 aan Eskom maak nadat die kragreus 3 ure gelede  na vele waarskuwings die kragtoevoer afgesny het na die pompstasie wat die waterwerke vir die hele Vredefort en Mokwallo van water voorsien .

 

Dit sou beteken het dat die hele dorp en Mokwallo sonder water sou wees. Eskom het pas die bewys van betaling ontvang en is nog gewag op instruksie dat die kragtoevoer weer aangeskakel kan word, het Gazette betroubaar verneem.

 

Dit te midde van die Babelse verwarring wat daar steeds is oor Ngwathe se afbetaalplan vir sy enorme Eskom-skuld van R658 miljoen. Daar word tans vergader juis om uitsluitsel te kry oor of Eskom die afbetaalplan aanvaar het aldan nie, is verneem. Teen Maandagaand was die munisipale bestuurder  onder die indruk dat die afbetaalplan aan Eskom deurgegee en aanvaar is. Dit is ook só aan die spesiale Ngwathe taakspan lede gekommunikeer.

 

Maar Eskom het teen gister nog gesê – nee, Ngwathe se toekomspad vorentoe is steeds nie seker nie, en kon nie bevestig word of die betaalplan aanvaar is nie. Selfs al sou die plan aanvaar word, is die vraag steeds of daarby gehou sal kan word met taakspanlede wat reeds hul kommer hieroor uitgespreek het.

 

Die Ngwathe munisipale woordvoerder, mnr. Steve Naale, het by navraag gesê dat hy in ‘n vergadering in Bloemfontein is en later kommentaar sal lewer.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button