NewsNews

Ouers vra gebede vir wonderwerk-kind Oud-Potchefstromers Koos en Janine Etsebeth vra mense om vir hul enigste kind Lukas, te bid sodat hy gesond sal word. Lukas Etsebeth bring baie van sy tyd in die hospitaal deur. Foto: Verskaf  Lukas het ‘n mediese toestand wat volgens spesialiste onverklaarbaar is en ook die rede dat hulle uit …

Ouers vra gebede vir wonderwerk-kind

Lukas Etsebeth bring baie van sy tyd in die hospitaal deur. Foto: Verskaf

Lukas Etsebeth bring baie van sy tyd in die hospitaal deur. Foto: Verskaf

 Lukas het ‘n mediese toestand wat volgens spesialiste onverklaarbaar is en ook die rede dat hulle uit Potchefstroom na Johannesburg moes verhuis.
Lukas (2) is op 20 Januarie 2015 in Potchefstroom gebore en was ‘n normale en gesonde baba.
Hy was ‘n voltermyn-baba en het 3.7 kg geweeg. Met Lukas se roetine ondersoek op ses weke, het ‘n sonar getoon dat hy bloeding op die brein het.

Van toe af het hy begin om agteruit te gaan. Hy is al gehospitaliseer vir verskeie redes, waaronder bloeding en vog op die brein, longontsteking, varkgriep, virale infeksies, koksaki virus en verskeie ander ondersoeke wat X-strale, breinskanderings en ‘n “lumber punch” vereis het.
Hy sukkel ook om asem te haal en het ‘n onderontwikkelde lugweg.

Hy is later gediagnoseer met laringomalasie wat, saam met die varkgriep en ander virusse veroorsaak het dat hy van 20 April tot 22 Mei 2015 in die hospitaal moes deurbring. Hoewel Lukas die eerste jaar van sy lewe amper permanent in die hospitaal deurgebring het, probeer hy ook om die mooi dinge in die lewe te geniet. Hy is mal oor musiek en hou daarvan om agter sy bal aan te kruip, aangesien hy nog nie, soos ander tweejariges, kan rondhardloop nie. Lukas is baie vatbaar vir virale infeksies en moet voltyds na omgesien word. “Ek moes my werk bedank aangesien die risiko te groot is om hom kleuterskool toe te stuur,” sê Janine.

Lukas en sy ouers, Koos en Janine Etsebeth. Foto: Verskaf

Lukas en sy ouers, Koos en Janine Etsebeth. Foto: Verskaf

Lukas kan nog nie kruip, loop of praat nie en is op sy tweede verjaarsdag gediagnoseer met permanente gestremdheid en hoewel sy fisioterapeut glo dat hy eendag sal kan loop, dit wel baie lank gaan neem.

Lukas se spraak en sig is ook aangetas en hy sal in die toekoms gereelde intensiewe bystand vanaf neurologiese fisioterapeute, arbeidsterapeute, spraakterapeute en dieetkundiges moet kry.
“Lukas se mediese toestand word beskryf as ‘n interessante geval en ‘n uitdaging om die regte diagnose te kan vind. Die dokters by een van die top hospitale in Johannesburg sê dat hy ’n regte wonderwerk is en dat ons dankbaar moet wees dat hy nog met ons is,” sê Janine. Vir meer inligting oor hoe om die gesin te ondersteun of vir enige skenkings om te help met die mediese kostes, skakel Janine by 084 240 6486.

Lukas se vordering kan ook op sy facebookblad gevolg word by die volgende skakel: https://m.facebook.com/story.php?story_fbid=1452787171433233&id=100001058916550


At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button