NewsNews

Gru-botsing buite Fochville eis twee

Twee mense is dood en nege beseer toe vier voertuie Saterdag op die N12 buite Fochville gebots het. ER24 Volgens Werner Vermaak, woordevoerder van ER24, is nooddienspersoneel net voor 14:00 na die toneel ontbied. Die vier voertuie was oor die pad versprei. ‘n Man is naby een van die voertuie gevind, maar hy het reeds …

ER24

Volgens Werner Vermaak, woordevoerder van ER24, is nooddienspersoneel net voor 14:00 na die toneel ontbied. Die vier voertuie was oor die pad versprei. ‘n Man is naby een van die voertuie gevind, maar hy het reeds aan sy beserings beswyk met hul aankoms.

‘n Ander man was vasgekeer in een van die wrakke. Nooddienspersoneel kon hom uit die wrak bevry, maar het kort daarna op die toneel aan sy beserings beswyk.

Vyf ander mense is op die toneel vir hul beserings behandel en na die hospitaal geneem. Vier ander mense wat ligte beserings opgedoen het wou nie hospitaal toe geneem word nie.

Die oorsaak van die ongeluk word ondersoek.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button