NewsNews

Gewapende rooftog by Emerald Casino en Resort

VANDERBIJLPARK. – In ‘n beplande gewapende rooftog gisteraand net na 22:00 17 April is die Emerald Casino en Resort van ‘n onbekende bedrag geld beroof. VANDERBIJLPARK. – In ‘n beplande gewapende rooftog gisteraand net na 22:00 17 April is die Emerald Casino en Resort van ‘n onbekende bedrag geld beroof. Verskeie voertuie ondermeer ‘n Wit …

VANDERBIJLPARK. – In ‘n beplande gewapende rooftog gisteraand net na 22:00 17 April is die Emerald Casino en Resort van ‘n onbekende bedrag geld beroof.

Verskeie voertuie ondermeer ‘n Wit Ford Ranger dubbelkajuit bakkie, ‘n Lexus, ‘n swart Audi en ‘n wit VW Polo is gebruik in die roof waarin ‘n onbekende aantal rowers betrokke was. Een van die rowers is doodgeskiet by die hoof ingang na die Casino. Vaalweekblad kon nog nie bevestig nie maar voorlopige inligting is dat nog twee rowers gewond is en na die hospitaal deur ER24 vervoer is terwyl ‘n polisievrou ‘n kopwond opgedoen het in ‘n skietery voor die hoof ingang na die Casino. Die projektiel is deur die voorruit van haar voertuig voordat dit haar getref het.

Verskeie van die rowers is egter deur die polisie gewond en laataand en vroeg vanoggend was honde besig om bloedspore te volg op verskeie plekke. Die polisiehelikopter is ook ingespan in die soektog. Die rowers wat op vlug was en met die polisie agterna het in verskeie rigtings deur die SE7 en SW5 woongebiede op mekaar met semi- en outomatiese gewere geskiet. Skote is sover as in SE 1 gehoor. Patroondoppe het orals gesaai gelê. Een voertuig is blykbaar in Vaalpark gevind. Een naby Oscars op die Stokkiesdraaipad en die Ford Ranger in Bonanè.

Lede van die publiek wat oogetuies was van die gebeure kan gerus ongeluk en misdaadveslaggewer van Vaalweekblad kontak. jannie.duplessis@media24.com.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button