NewsNews
Baba in asblik gevind
In nog ‘n skokkende voorval die afgelope paar weke is die liggaam van ‘n pasgebore babaseuntjie op 3 Mei in ‘n asblik buite ‘n winkelsentrum in Pietermaritzburg gevind. Illustrasie foto Volgens Russel Meiring, woordvoerder vir ER24, is die babatjie deur veiligheidsbeamptes gevind. Hulle het die baba na hul kantoor geneem en nooddienspersoneel en die polisie …


Illustrasie foto
Volgens Russel Meiring, woordvoerder vir ER24, is die babatjie deur veiligheidsbeamptes gevind. Hulle het die baba na hul kantoor geneem en nooddienspersoneel en die polisie ontbied.
Die seuntjie was in ‘n plastieksak toegedraai en op die toneel dood verklaar. “Daar was ongelukkig niks wat vir hom gedoen kon word nie.
Die polisie ondersoek die voorval.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



