NewsNews
Gru-vonds uit die Vaal
Talle omstanders was Maandagmiddag op die rivieroewer naby die hangbrug die stille getuies van die toneel waar ’n liggaam deur polisieduikers van Welkom uit die Vaalrivier gehaal is. Die liggaam was vermoedelik reeds ’n geruime tyd in die water. Parys Medix en die polisie is net na 09:00 na die toneel ontbied nadat ’n verbyganger …

Talle omstanders was Maandagmiddag op die rivieroewer naby die hangbrug die stille getuies van die toneel waar ’n liggaam deur polisieduikers van Welkom uit die Vaalrivier gehaal is. Die liggaam was vermoedelik reeds ’n geruime tyd in die water. Parys Medix en die polisie is net na 09:00 na die toneel ontbied nadat ’n verbyganger die liggaam opgemerk het. Die liggaam is net na 13:00 uit die rivier gehaal, maar die identiteit van die oorledene was teen druktyd nog nie bekend nie. Dié foto is geneem net nadat die liggaam uit die water gehaal is. Foto: Janke van Schalkwyk.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



