NewsNews

Só lyk van die Koepel se indringers

’n  Elektroniese opname om inligting in te samel oor verklaarde onkruid en indringerplante in die Vredefort Koepel, word tans gedoen onder leiding van Piet Theron, afgetrede beampte van die Nasionale Departement van Landbou (DAFF). Theron het kundiges geraadpleeg om ’n webwerf op te stel wat gebruik kan word om ’n opname van die oorwegende spesies …

’n  Elektroniese opname om inligting in te samel oor verklaarde onkruid en indringerplante in die Vredefort Koepel, word tans gedoen onder leiding van Piet Theron, afgetrede beampte van die Nasionale Departement van Landbou (DAFF). Theron het kundiges geraadpleeg om ’n webwerf op te stel wat gebruik kan word om ’n opname van die oorwegende spesies wat voorkom, te maak.
Die opname sluit op 30 September en is hoofsaaklik bedoel vir die Koepel, wat die buffergebied insluit, hoewel grondgebruikers direk aangrensend aan die buffergebied, ook kan deelneem. Die webwerf staan bekend as www.otop.co.za (Oorlog Teen Onkruid-projek). Twaalf spesies van verklaarde onkruid en indringerplante (OIP) is in die elektroniese opnamevorm ingesluit.
Kaktusse/Turksvye Australian pest pear (Opuntia stircta)
Die mees algemene spesie wat in die Koepel voorkom is Opuntia stricta, alhoewel Opuntia humifusa ook mag voorkom. Die kleiner tipe wat plat op die grond groei is humifusa, terwyl stricta meer regop groei en redelik groot kan word. Turksvy spesies die onkruid wat die meeste voorkom in die Koepel. Die opname tot op datum bevestig dit dan ook so. Uit die 20 opnames wat ontvangs is, het slegs 6 aangedui dat dit nie voorkom nie. ‘n Totale oppervlakte van 701ha is reeds aangeteken. Aangesien dit ‘n moeilike onkruid is om uit roei, moet grondgebruikers maar net volhard met volgehoue beheeraksies. Die feit dat min aandag aan die problem gegee is gedurende die laaste 10 tot 15 jaar, is dan ook die rede waarom dit so drasties vermeerder het. Gelukkig het 9 persone aangedui dat die besmettings 10ha en minder is. Gevolglik word ‘n beroep op alle grondgebruikers wat minder as 10ha van hierdie Turksvye het om met ‘n proses van meganiese uitroeiing te begin. Die plante het nie ‘n sterk wortelstelsel nie en kan redelik maklik uitgehaal word. Waar dit tussen klippe groei is dit egter moeliker. Dit is egter noodsaaklik om die plante wat uitgehaal word op klein hopies te plaas en te laat uitdroog, sodra dit redelik uitgedroog het dit dan te verbrand. Voorsorg moet egter getref word dat ‘n veldbrand nie ontstaan nie. Ahoewel daar suksesvolle biologiese agente vir Stricta beskikbaar is, was die onlangse pogings om dit te laat vestig nie suksesvol nie. Opvolg pogings sal egter geloods word. Sodra dit sukses toon sal reëlings getref word om dit na alle medium tot digte besmetting uit te brei. Grondgebruikers wat onkruiddoder wil gebruik kan MSMA wat geregistreer vir die meeste soorte Turksvye gebruik. Kampe waar MSMA gebruik is moet egter vir 60 dae van beweiding onttrek word. Die nuwe middel Impala het slegs ‘n onthoudingsperiode van 3 dae. Kontak Piet Theron (083 460 9190) vir meer inligting.
[https://www.invasives.org.za/component/k2/item/728-pest-pear-of-australia-opuntia-stricta] Spoetpeulboom/Honey locust (Gleditsia triacanthos)
Honey locust was aanvanklik die land ingebring as ‘n voerboom, dit egter vandag baie selde daarvoor gebruik. Die groot peule is baie opvallend en kan goed deur vee benut word. Dit word selfs deur mense as smaaklik beskou. Weens die feit dat dit in onbruik geraak het en as gevolg van gebrekkige monitering en beheer deur grondgebruikers, het dit begin versprei en is die verspreiding besig om tans ernstige afmetings aan te neem. Indien daar dus nie ernstig aandag gegee word aan die beheer en uitroei van Honey locust nie, sal dit biodiveriteit ernstig benadeel en dus ook nadelige gevolge vir veeboere hê. [https://www.invasives.org.za/component/k2/item/240-honey-locust-gleditsia-triacanthos]

You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button