NewsNews

VF Plus verwelkom uitspraak oor vuurwapens

Die VF Plus het  in ‘n mediaverklaring gesê die party verwelkom die uitspraak van die hooggeregshof in Pretoria ten gunste van die Suid-Afrikaanse Jagters- en Wildbewaringsvereniging  in verband met die hernuwing van vuurwapenlisensies. Illustrasiefoto     Die uitspraak bepaal dat vuurwapenlisensies wat onder die Vuurwapenbeheerwet uitgereik is en wat verval het of hernu moet word, …

Illustrasiefoto

 

 

Die uitspraak bepaal dat vuurwapenlisensies wat onder die Vuurwapenbeheerwet uitgereik is en wat verval het of hernu moet word, geldig sal bly totdat die Grondwethof daaroor uitsluitsel gee, sê dr. Pieter Groenewald, leier van die VF Plus. Die hof het bevind dat artikels 24 en 28 van dié Wet ongrondwetlik is.

Dr. Groenewald sê dit beteken dat wettige vuurwapeneienaars nie meer hul wapens aan die staat hoef te verbeur omdat hul lisensies verval het nie. Hy sê die polisie moet ook seker maak dat klagtes teruggetrek word waar beslag gelê is op vuurwapens en waar sake teen eienaars geopen is.

“Daar word nogtans ‘n beroep gedoen op vuurwapeneienaars om voort te gaan met die hernuwing van hul vuurwapenlisensies en hul bevoegdheidsertifikate al is die sperdatum reeds verby. Die polisie kan dit nie meer weier nie.

“Hierdie hofsaak is ‘n deurbraak vir alle vuurwapeneienaars en die VF Plus wil die SA Jagters- en Wildbewaringsvereniging bedank dat hulle volhard het om die saak tot hier te voer,” sê dr. Groenewald.

Foto: Dr. Pieter Groenewald, leier van die VF Plus.

Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button